Personeel

Die ontwikkeling van 42 personeellede geniet hoë prioriteit. Personeel getuig ook dat hulle gelukkig en trots is op hulle werk. Daar word gewerk met 1 personeellid vir elke 3 inwoners. Die bestuur is dankbaar vir die kwaliteit personeel wat getrou hierdie onbaatsugtige werk verrig en inwoners fisies en emosioneel versorg.