Missie en Visie

' n Christelike program vir bekostigbare, veilige residentiële sorg ter bevordering van optimale lewenskwaliteit en uitbreiding na gemeenskapslede in nood.

Wat maak Groeneweide besonders?

  • Rustigheid van die platteland
  • Netjiese en skoon omgewing
  • Huislike atmosfeer
  • Veilige en bekostigbare huisvesting
  • 24 uur Kwaliteitsorg
  • Toegewyde en deeglik opgeleide personeel
  • Betrokkenheid van die gemeenskap

Basiese dienste

Dienste (tehuis)

Basiese dienste wat gelewer word is veilige verblyf, versorging, maaltye, godsdiens en sosiale aktiwiteite. 'n Verskeidenheid stimuleringsoefeninge word aangebied soos: Voet- en haarversorging, biblioteek, mobiliteitsoefeninge, speletjies, inkopies, filmvertonings, voorlesing, samesang, uitstappies vir inwoners. Inwoners word dus aangemoedig tot deelname. Voet-, nael en haarversorging, mobiliteitsoefeninge, stap word aangebied vir inwoners van die siekeboeg. 'n Belangrike bydrae in die verband word gelewer deur plaaslike kerke, skole, diensorganisasies asook vrywilligers uit die gemeenskap. Vanweë die landelike omgewing, kleurvolle en huislike atmosfeer van die tehuis, hoë standaard van higiëne en versorging het die tehuis uiters gewild en bekend gemaak.👍