Inwoners en hul familie

Inwoners

Van die 61 inwoners is die meerderheid Afrikaanssprekend en behoort aan die NGK en VGK. Die gemiddelde ouderdom is 85,4 jr. Interaksie tussen die inwoners en bestuur geskied d.m.v 'n verteenwoordigende komitee. Benewens besware/ klagtes/ behoeftes word nuwe insette van inwoners akkommodeer.

Familie

Ondersteuning en motivering van kinders is onvervangbaar in die aanpassing en kwaliteit lewe van die inwoners. Van kinders en familie word verwag om moeite te doen om betrokke te wees by die wel en wee van hulle ouers. Weens die verminderde finasiële steun van die staat styg die eenheidskoste vir die inwoners en om dit onder beheer te probeer hou is die familie se bydraes tot fondsinsameling essensieël. Elkeen word dringend versoek om in sy/ haar sirkel van invloed te help fondse werf. Elke bietjie help!